
Stefanus is gebore en het opgegroei op Kraalbosdam plaas Darling. Hy het saam met sy ouers, oupa en ouma op die plaas gewoon. Op 10 jarige ouderdom tot 22 jaar oud het Stefanus op Kraalbosdam plaas Darling begin werk waar hy die volgende take verrig het naamlik, varke oppas, beeste melk, grond ploeg, skape geskeer, aartapels geplant en uitgehaal, gerwe bymekaar gemaak en dit met die dors masjien gedors tot koring en hawer. Daarna het hy in Darling dorp gaan werk by ‘n Karage vir twee jaar en is later kaapstad toe en het begin werk by City Council en het ook daar afgetree.
Sedert 22/8/2017 is hy woonagtig by Goue Aar tehuis en is gelukkig om sy dae by die tehuis deur te bring. Stefanus is nie so gereeld in kontak met sy familie maar sy dogter kom nou en dan kuier. Stefanus en sy vrou is albei woonagtig by die tehuis
Tydens my onderhoud met stefanus het hy met trots gepraat oor die plaaswerk en plaas lewe.
Ondersteun ouer persone soos Stefanus om hul goue jare gemaklik te lewe. Borg ‘n ouma of oupa vandag nog.